NewsNews

Grondbesetting: Oproeriges nou rustig

Teen vanoggend was dit rustig in die Tumahole en Schonkenville woonbuurte, ná sowat 200 plaaslike EFF lede Maandag begin het met grondbesetting van munisipale grond tussen Schonkenville en Tumahole, asook langs die reservoir op die koppie langs Schonkenville.

Teen vanoggend was dit rustig in die Tumahole en Schonkenville woonbuurte, ná sowat 200 plaaslike EFF lede Maandag begin het met grondbesetting van munisipale grond tussen Schonkenville en Tumahole, asook langs die reservoir op die koppie langs Schonkenville.

Maandag was daar nog nie gewelddadige optrede deur die groep nie, maar gister (Dinsdag 24 Mei) is ‘n polisievoertuig en polisielede met klippe bestook. ‘n Toilet langs die pad onderweg na Schonkenville is ook aan die brand gesteek en ‘n uitlander se winkel in die Schonkenville-woonbuurt is beroof. Nog 7 ander uitlanders met winkels in die Schonkenville-woonbuurt is deur die polisie gevra om hul winkels gister te sluit vir hul eie veiligheid. Selfs die paaie-kontrakteur, Sedtrade ,was in die oproerige groep se visier toe gepoog is om ook ‘n padskraper aan die brand te steek. Dit is deur die polisie verhinder.

Meeste paaie wat met klippe afgesper was, was vanoggend weer oop, is aan Gazette gesê.

Dinsdag se oproerigheid het gekom nadat van hul leiers in hegtenis geneem is op klagte van betreding wat spruit uit die onwettige grondbesetting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button