NewsNews

Polisie vra publiek se hulp met raaisel oor man se dood

Die raaisel rondom die dood van die 49-jarige Ernest Lancaster is steeds nie opgelos nie. Wyle mnr. Lancaster se liggaam is verlede Woensdagoggend net duskant Parys se stortingsterrein naby die plaas Wolwehoek op die Parys/Weiveld-pad gekry. Hy het verskeie mes steekwonde gehad. ‘n Verbyganger het die liggaam gesien en die polisie ontbied. Teen Gazette se druktyd is geen verdagtes nog weens die moord in hegtenis geneem nie.

Die raaisel rondom die dood van die 49-jarige Ernest Lancaster is steeds nie opgelos nie. Wyle mnr. Lancaster se liggaam  is verlede Woensdagoggend net duskant Parys se stortingsterrein naby die plaas Wolwehoek op die Parys/Weiveld-pad gekry. Hy het verskeie mes steekwonde gehad. ‘n Verbyganger het die liggaam gesien en die polisie ontbied.
Teen Gazette se druktyd is geen verdagtes nog weens die moord in hegtenis geneem nie.
Klagte van moord en roof met verswarende omstandighede word ondersoek.
Daar word ook steeds gesoek na die Toyota Corolla met registrasienommer BRW 446 FS waarmee Lancaster gery het. Sy selfoon en skoene word ook vermis.
Die polisie vra dat enigeen wat inligting het wat kan help met die ondersoek, ao. Jaco Venter by (056) 816 2534 sal skakel.
* Twee verdagtes is intussen ook in hegtenis geneem vir die inbraak by Crazy Store oor die naweek. Hulle sou Woensdag voor die hof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button