NewsNews

PUK dosent vas oor dwelms

‘n Dosent aan die NWU Potchefstroomkampus is onder drie verdagtes wat in hegtenis geneem is op ‘n klag van die besit van onwettige dwelms.

‘n Dosent aan die NWU Potchefstroomkampus is onder drie verdagtes wat in hegtenis geneem is op ‘n klag van die besit van onwettige dwelms.

Die dosent by die Skool vir Opvoedingswetenskappe, mnr. Christo Els, is Dinsdag saam met Herman van Wyk en Sebastiaan Snyman in hegtenis geneem. Volgenskapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het hulle omstreeks 16:15 inligting ontvang dat daar vanaf ‘n huis in Barrishlaan dwelms verkoop word.

Die inligting is opgevolg en dagga en tik is op die perseel gevind. Snyman is daarna in hegtenis geneem. Meer inligting is bekom, wat later die dag gelei het tot die inegtenisname van Els en Van Wyk. Daar is ook dagga en tik in Els en Van Wyk se besit gevind.

Al drie verdagtes het Woensdag in die of verskyn. Snyman is op borgtog van R300 en Els en Van Wyk elk op borgtog van R500 vrygelaat. Die saak is tot 31 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek. Volgens Johan van Zyl, skakelbeampte van die NWU Potchefstroomkampus, is die polisie se ondersoek nog aan diegang en daarom kan die universiteit nie komentaar lewer tot die saak afgehandel is nie.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button