NewsNews

Oogkundige met ’n oor vir musiek

Toets haar musiekkennis en oogkundige Alida van Zyl van Parys sal jou keer op keer verbaas. Geen wonder dat sy altyd spottenderwys vir ma Annemarie gesê het dat sy vir hul baie geld kan maak wanneer die twee saam-saam Noot-vir-Noot gekyk het en sy telkens reg kon antwoord op die vrae. En so het haar pad toe inderdaad met Noot vir Noot gekruis net meer as twee jaar gelede toe sy ingeskryf het, en twee weke later ’n telefoniese oudisie gedoen en geslaag het. Daarna is sy ook genooi vir die ateljee oudisie wat sy ook geslaag het.

Toets haar musiekkennis en oogkundige Alida van Zyl van Parys sal jou keer op keer verbaas. Geen wonder dat sy altyd spottenderwys vir ma Annemarie gesê het dat sy vir hul baie geld kan maak wanneer die twee saam-saam Noot-vir-Noot gekyk het en sy telkens reg kon antwoord op die vrae.
En so het haar pad toe inderdaad met Noot vir Noot gekruis net meer as twee jaar gelede toe sy ingeskryf het, en twee weke later ’n  telefoniese oudisie gedoen en geslaag het. Daarna is sy ook genooi vir die ateljee oudisie wat sy ook geslaag het.
Daar is toe maar pas begin met Musiek Roulette en is sy gevra of sy naas Noot vir Noot ook aan die Musiek Roulette wou deelneem. Haar antwoord was dadelik ja, want Alida glo dat jy partykeer avontuurlustig moes wees en ’n  kans moet vat.
Op 28 November 2014 was sy een van die deelnemers in Musiek Roulette Reeks 1 wat dié Parysenaar gewen het.
Toe dit nou tyd word vir Noot vir Noot Reeks 42, is Alida in September gevra om weer haar slag te kom wys.
Episode 1 waarin sy deelneem is op 6 Oktober opgeneem en weer het sy geskitter – dié keer met ’n tweede plek in die episode.
Die wenner van die episode dring deur na die halfeindrondte.
Alida vertel dat sy by haar ouers en onderwysers haar musiekkennis gekry het. Musiek was een van haar vakke by die Hoërskool Parys waar sy onder die bekwame hand van Marli Krüger geleer het. Só ook destyds by juffrou Schoeman by die laerskool wat in die sangklas gesorg het dat hulle klein-klein blootgestel is aan musiek. Vandag is klassieke musiek en Joshua na die Reën haar gunstelinge.
Die Noot vir Noot reeks waarin Alida deelneem, sal waarskynlik in Februarie 2017 uitgesaai word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button