NewsNews

R20 miljoen se eise teen departement

Die Noordwes departement van gesondheid het al meer as R20 miljoen aan mediese wanpraktyk eise in 2016 uitbetaal.

illustration photo

illustration photo

Die Noordwes departement van gesondheid het al meer as R20 miljoen aan mediese wanpraktyk eise in 2016 uitbetaal.

Dr. Tutu Faleni, DA LPW, het gesê dat die bedrag in ʼn tydperk van vyf maande gebeur het. Die aantal wanpraktyk eise het van 27 in 2012 tot 138 in Augustus 2016 opgegaan.

Volgens hom moet innoverende oplossings gevind word om die toenemende koste van eise teen die Departement te beperk. Hy is ook van mening dat ondernemings wat deur die Premier in 2014 gemaak was net leë beloftes was.

Die Ouditeur-generaal het ongelukkigheid uitgespreek oor die bestuur  van  rekords in die gesondheidsfasiliteite van die Noordwes. Swak rekordbestuurstelsels belemmer uiteindelik die gehalte van mediese sorg aan mense.

“Die Premier het tydens die Staat van die Provinsie in 2016 gesê dat die Departement ‘n loodsprojek in Ventersdorp in samewerking met die taxi-bedryf  beplan. Die idee van die projek is om pasiëntvervoer te verbeter, maar die ambisieuse projek het in duie gestort, voordat dit begin het. Bejaardes spandeer byna helfte van hulle pensioen aan vervoer tussen die hospitaal en die huis. In erge gevalle word sommige bejaardes met kruiwaens vervoer” het Faleni gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button