NewsNews

Kom kamp gratis tydens Geloftefees

MIDVAAL. – Inwoners met ‘n liefde vir tradisie en die natuur word hartlik uitgenooi om vanjaar tydens die jaarlikse Geloftefeesvieringe gratis te kom kampeer in die Suikerbosrand-natuurreservaat in die pragtige Heidelberg-omgewing.

Die gerestoureerde kanon en ammunisiewa op die Geloftefeesterrein.

Die gerestoureerde kanon en ammunisiewa op die Geloftefeesterrein.

Volgens mnr. Freddie Peters, ‘n bekende in politieke en kulturele kringe, vind die fees vanjaar van Saterdag 10 Desember tot Saterdag 17 Desember plaas.
“Die feeskomitee het hierdie jaar baie moeite gedoen om die kampeerterrein te verbeter. Min mense, veral in die Meyerton omgewing, is egter bewus van die feit dat daar gratis kampeer kan word vir ‘n volle week lank. Bring net jou eie kos, tent of woonwa. Daar is water, was- en toiletgeriewe. As ons plaaslike gemeenskap saamwerk, kan ons die terrein verbeter en dit meer dikwels in die toekoms gebruik vir plaaslike kultuurfeeste,” sê hy.
Die gerestoureerde kanon op die terrein, wat sowat 50 hektaar groot is, sal ook weer vanjaar in aksie wees.
Almal wat belangstel om gratis te kom uitkamp, is welkom om reëlings met die voorsitter van die Suikerbosrand Geloftefeeskomitee, mnr. Jorrie Jordaan, by 072 470 5180 te tref.
Die volledige program van die weeklange Geloftefees word tans gedruk en sal binnekort beskikbaar wees. Hou Vaalweekblad en Ster dop vir meer inligting hieroor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button