Vrou sterf in botsing met bus
’n Motorongeluk op die h/v Grens- en Tweedelaan het Dinsdagoggend die lewe van die 67-jarige Daisy Scheepers ge-eis. Volgens haar skoonseun, Roelf du Plessis, was sy van haar huis in Readingstraat op pad werk toe, toe die ongeluk net voor 07:00 gebeur het. Sy was werksaam by Anatomic.

’n Motorongeluk in Parys op die h/v Grens- en Tweedelaan het vanoggend (Dinsdag 29 November) die lewe van die 67-jarige Daisy Scheepers ge-eis.
Volgens haar skoonseun, Roelf du Plessis, was sy van haar huis in Readingstraat op pad werk toe, toe die ongeluk net voor 07:00 gebeur het. Sy was werksaam by Anatomic.
Haar Chevy Spark het met ’n bus van Wynnwith met 18 passasiers gebots. Die insittendes van die bus is met ligte beserings na die Parys-hospitaal vervoer.
Daisy is op die toneel dood verklaar. Haar heengaan laat ‘n groot leemte by die vele mense wat haar geken en liefgehad het.
Sy word oorleef deur haar kinders, ‘n kleinkind en familie. Ons innige medelye met die familie en haar kollegas.
Vanoggend se tragiese ongeluk het gevolg nadat daar Maandag ook twee ongelukke op die h/v Schilbach en Grensstraat was.



