NewsNews

Familie soek pa

ń 62 Jarige man word sedert 27 Desember vermis.

IMG-20161229-WA0000

 

Sy dogter, Lientjie Botha, het op Facebook ń beroep gedoen op die gemeenskap dat as enige iemand inligting het rondom waar haar pa is om haar te laat weet.

Volgens Botha het haar pa, Christoff Botha (62) op 27 Desember vanaf Christiana na Potchefstroom vertrek. Hy het ongeveer 15:00 sy plot in die Wilgeboom area besoek maar daarna kon hy nog nie weer opgespoor word nie.

“Hy is ń diabeet en die familie het reeds die polisie geskakel. Hy ry ń grys enkel kajuit Toyota legend 45 bakkie. Die registrasie nommer is JHL 946 NW, ” lui Botha se inskrywing op Facebook.

Mense met inligting oor waar Joubert hom bevind kan sy dogter skakel op 083 284 7895

 

Related Articles

Back to top button