NewsNews

See eis oud-rubriekskrywer se seun

Tjaart van der Walt (41), oudste seun van ds. Tienie van der Walt, het op 29 Desember by die Gleniquastrand in Glentana, Mosselbaai, verdrink.

Tjaart van der Walt en sy vrou, Elma - Foto: Facebook

Tjaart van der Walt en sy vrou, Elma – Foto: Facebook

Retha Fitchat

Tjaart van der Walt (41), oudste seun van ds. Tienie van der Walt, het op 29 Desember by die Gleniquastrand in Glentana, Mosselbaai, verdrink.

Tjaart wou sy 11-jarige dogter, Elmané, wat in ‘n seestroom meegesleur is, probeer red toe hy self in die moeilikheid geraak het.
Elmané kon daarin slaag om uit te kom, maar Tjaart is dieper die see ingetrek en het in die golwe verdwyn. Hy was glo sowat 10 minute onder die water voordat hy deur helpers gevind en strand toe gebring is.
Volgens Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, het lede van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) dadelik met noodhulp op Tjaart begin en volgehou totdat paramedici opgedaag het.
“Ons paramedici het hulle probeer bystaan en gevorderde lewensreddingstegnieke probeer uitvoer, maar hy is ongelukkig ná meer as ’n uur se vergeefse pogings oorlede,” het Vermaak gesê. ER24 se paramedici het hom op die toneel dood verklaar.
Tjaart, wat ‘n sake-analis in Krugersdorp was, was saam met sy vrou Elma, twee dogters en vriende op vakansie in Mosselbaai.
Een van Tjaart se goeie vriende, Johan Labuschagne, het dié roerende boodskap op Facebook geplaas:
“Rus in vrede my vriend! Soos ‘n ware ridder van weleer het jy die monster-see aangedurf om jou prinsessie se lewe te red, ten koste van jou eie lewe. Ek is jammer ons braai by die see gaan nie gebeur nie, so gooi maar ‘n vleisie op die vuur saam met ons Hemelse Vader terwyl julle die sononder skilder. Ons sal mooi na Elma vir jou kyk. Ons gaan jou mis, ouheer Tjaart Van der Walt.”
* Tjaart se pa, ds. Tienie van der Walt van Vanderbijlpark, is  ‘n oud-predikant en voormalige dosent aan die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit. Hy het jare lank Vaalweekblad se godsdiensrubriek behartig en is ook ‘n uitmuntende fotograaf wie se foto’s gereeld in Vaalweekblad en ander publikasies gepubliseer is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button