Save praat oor Vaalrivier en toestand van dorp se riool-infrastruktuur
Save the Vaal Environment (SAVE) skop die jaar af met ’n publieke vergadering in Parys en nooi alle Parysenaars wat besorgd is oor die toestand van die Vaalrivier, of die toestand van die dorp se riool-infrastruktuur wat die skoonheid van die rivier bedreig, om by te woon.

Die vergadering word gehou in die nuwe konferensiesentrum op die Parys Golf & Country Estate (die ou Pro-shop) op Saterdag 28 Januarie om 09:00.
SAVE is ’n nie-winsgewende organisasie wat hulle beywer vir die behoud van die skoonheid van die Vaalrivier-omgewing en om besoedelaars soos industrië, myne en veral munisipaliteite verantwoordbaar te hou.
SAVE het in die Loch Vaal omgewing ontstaan, maar het mettertyd uitgebrei om Parys ook in te sluit. Hulle maak staat op wenke en bydraes van die publiek om ’n suksesvolle stryd te kan stry.
SAVE het al in die verlede groot sukses behaal om onder meer ’n nuwe steenkoolmyn te keer, en hofinterdikte teen munisipale besoedelaars te bekom. Tans het SAVE se Parys subkomitee slegs een aktiewe lid, en benodig hulle ’n groter teenwoordigheid in die dorp om effektief te wees. Indien jy meer wil uitvind oor die werk van SAVE, of hoe jy betrokke kan raak om besoedeling te help bekamp, woon gerus die vergadering by, of skakel Johan Smit by 083 2044 674.