NewsNews

Talle geniet die pret by All Things Adventure Ekspo

Talle buitelug-geesdriftiges het die afgelope naweek die pret en avontuur wat die eerste All Things Adventure Ekspo by Stonehenge in Africa, Parys, gebied het, kom geniet. Die ekspo was spesifiek gemik op buitelug avontuur aktiwiteite en uitstallers, hoewel daar ook ander uitstallers aan die ekspo deelgeneem het. Met heelwat reën in die distrik wat die ekspo voorafgegaan het, was die 4 x 4 en motorfiets hindernisbane beslis 'n uitdaging. Die Warrior hindernisbaan was ook baie gewild met nagenoeg 250 deelnemers.

Talle buitelug-geesdriftiges het die afgelope naweek die pret en avontuur wat die eerste All Things Adventure Ekspo by Stonehenge in Africa, Parys, gebied het, kom geniet. Die ekspo was spesifiek gemik op buitelug avontuur aktiwiteite en uitstallers, hoewel daar ook ander uitstallers aan die ekspo deelgeneem het. Met heelwat reën in die distrik wat die ekspo voorafgegaan het, was die 4 x 4 en motorfiets hindernisbane beslis ‘n uitdaging. Die Warrior hindernisbaan was ook baie gewild met nagenoeg 250 deelnemers.

Voeg daarby verskeie demonstrasies en praatjies wat aangebied is ook vir die boogskiet en mes liefhebbers, en jy kan seker wees daar is moeite gedoen om iets vir almal te bied. Tussendeur was daar ook geleentheid om jou eie vernuf te wys onder meer om met  ‘n bakkie en sleepwa tussen die kegels te bestuur sonder om hul raak te ry, en selfs om geblindoek agter die stuurwiel in te klim.

Kosstalletjies, vermaak en heerlike sonskynweer het van die naweek ‘n groot sukses gemaak. Die pretnaweek by Stonehenge is in samewerking met MooiVaal Media, eienaar van die Parys Gazette aangebied.

Die foto’s gee ‘n kykie van wat alles die naweek gedoen en beleef is. Met erkenning aan Misty Moon Photography.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button