64-Jarige in Vereeniging-hospitaal ná huisbrand
Die 64-jarige mnr. Saay Saayman is vanmiddag van die Parys-hospitaal na Vereeniging Medi Clinic oorgeplaas nadat hy brandwonde aan sy bene en hande asook ‘n kopwond opgedoen het toe ‘n verwoestende brand in sy woonhuis op die h/v Unie- en Barnesstraat net voor 13:00 vanmiddag, 19 April uitgebreek het. Mnr. Saayman woon alleen in die …

Die 64-jarige mnr. Saay Saayman is vanmiddag van die Parys-hospitaal na Vereeniging Medi Clinic oorgeplaas nadat hy brandwonde aan sy bene en hande asook ‘n kopwond opgedoen het toe ‘n verwoestende brand in sy woonhuis op die h/v Unie- en Barnesstraat net voor 13:00 vanmiddag, 19 April uitgebreek het. Mnr. Saayman woon alleen in die huis. Dit is nog nie seker wat die oorsaak van die brand was nie. sê sy suster Joan.
Lede van Parys Sekuriteit het daarin geslaag om hom uit die huis te kry en het Parys Medix hom na die hospitaal vervoer. Talle vrywilligers het ingepring om te help om die brand te blus. Die huis is in die brand verwoes.
Mnr. Saayman se seun van Kemptonpark was reeds laatmiddag by hom in die hospitaal. Hy het twee seuns en drie kleinkinders.




