NewsNews
Kom ons help Calvinia met water
Kom ons help Calvinia met water AfriForum Vanderbijlpark hou ‘n waterinsamelingsdag op Saterdag 22 April. Inwoners kan ‘n verskil maak deur skoon drinkwater of waswater te skenk. Mense kan gerus tussen 08:00 en 14:00 by A-Sec in Piet Retiefboulevard 153 inloer en water saambring. Waswater moet as “TW” en drinkwater as “DW” gemerk word. Verseëlde …
AfriForum Vanderbijlpark hou ‘n waterinsamelingsdag op Saterdag 22 April. Inwoners kan ‘n verskil maak deur skoon drinkwater of waswater te skenk. Mense kan gerus tussen 08:00 en 14:00 by A-Sec in Piet Retiefboulevard 153 inloer en water saambring.
Waswater moet as “TW” en drinkwater as “DW” gemerk word. Verseëlde bottels water hoef nie gemerk te word nie. Gebruik slegs houers waarin daar nie chemiese middels of suiwelprodukte was nie.
Kom ontmoet AfriForum se span. Navrae aan Adriaan le Roux, 063 686 5234 of per e-pos aan afriforumvdb@gmail.com
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.