NewsNews

Gesamentlike bidaksie op Potchefstroomkampus voor eksamen

‘n Gesamentlike bidgeleentheid is op die NWU Potchefstroomkampus plaasgevind. Studente wat deelgeneem het aan die gesamentlike bidgeleentheid FOTO: WAPAD/FACEBOOK Wapad, het gister fotos op hulle Facebookblad oor die geleenteheid opgelaai. Volgens Burger Terblanche, SR lid vir BOB, het die studenteraad vir Prof. Fika Janse van Rensburg, kampusrektor van die Potchefstroomkampus en Mohammed Uzair Bhamjee, van die Moslem-studentevereniging genooi …

Studente wat deelgeneem het aan die gesamentlike bidgeleentheid FOTO: WAPAD/FACEBOOK

Wapad, het gister fotos op hulle Facebookblad oor die geleenteheid opgelaai.

Volgens Burger Terblanche, SR lid vir BOB, het die studenteraad vir Prof. Fika Janse van Rensburg, kampusrektor van die Potchefstroomkampus en Mohammed Uzair Bhamjee, van die Moslem-studentevereniging genooi om saam met studente voor die eksamens te bid.

Mohammed Uzair Bhamjee en Prof. Fika Janse van Rensburg het om die beurt vir studente voor die eksamens gebid. FOTO: WAPAD/FACEBOOK

“Ons het die eksamens aan God opgedra en daarna het die Moslem studente hulle vas gebreek. Dit was ‘n vinnige geleentheid vir studente wat wou deelneem,” vertel Terblanche.

Die SR het ook ‘n busdiens begin tydens die eksamen vir studente wat later op kampus wil bly om te leer en nie vervoer het nie.  

Tye van wat die bus studente vervoer FOTO: NWU SR/FACEBOOK

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button