NewsNews

Nóg twee mense van hul fietse afgestamp buite Potchefstroom

Nog twee fietsryers is gistermiddag van hul fietse afgestamp. Dit nadat ‘n fietsryer Sondagaand op die Schoemansdriftpad doodgery is. Foto: ER24 Nóg twee mans is gistermiddag (12 Junie) van hul fietse afgestamp langs die N12, sowat 5km buite Potchefstroom. Paramedici van ER24 het gister na die toneel gegaan waar die twee mans, een kritiek, langs die pad gelê het. ‘n Chevrolet Spark was …

Foto: ER24

Nóg twee mans is gistermiddag (12 Junie) van hul fietse afgestamp langs die N12, sowat 5km buite Potchefstroom. Paramedici van ER24 het gister na die toneel gegaan waar die twee mans, een kritiek, langs die pad gelê het. ‘n Chevrolet Spark was langs die pad parkeer met een van die fietse ingewig voor die motor.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het een van die fietsryers  verskeie ernstige beserings opgedoen en die ander het slegs ligte beserings gehad. ER24 het die kritiek-beseerde man met gevorderde lewensondersteuning behandel waarna die twee mans na die Potchefstroom Hospitaal geneem is.

Die bestuurder van die motor het geen beserings na die ongeluk nie. Plaaslike owerhede was ook op die toneel vir verdere ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button