NewsNews

R8000 gesteel met slenter

’n Vrou is Vrydagmiddag van R8 000 beroof deur ‘n man wat aangebied het om vir haar ‘n koopbewys te gee. ’n Vrou is Vrydagmiddag van R8 000 beroof deur ‘n man wat aangebied het om vir haar ‘n koopbewys te gee. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was die vrou omstreeks 15:30 besig met inkopies …

’n Vrou is Vrydagmiddag van R8 000 beroof deur ‘n man wat aangebied het om vir haar ‘n koopbewys te gee.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was die vrou omstreeks 15:30 besig met inkopies toe ’n man haar genader het.
“Hy het gesê dat hy by die winkel werk en hy vir haar ’n koopbewys gaan gee. ’n Ander vrou het die twee genader wat vertel het dat sy reeds so ’n koopbewys ontvang het,” vertel Chaka.
Die man het gesê dat sy eers R100 moes betaal voordat sy die koopbewys kon kry, omdat hy die koopbewys eers moes verwerk.
Volgens Chaka het die vrou boonop haar bankkaart en pinkode vir die man gegee sodat hy die koopbewys vir haar kon verwerk. Kort daarna het sy ’n SMS ontvang wat getoon het dat daar sowat R8 000 uit haar rekening onttrek is. Sy is onmiddellik terug na die winkel, wat aan haar gesê het dat die man nie daar werk nie.
Chaka het die gemeenskap gemaan om nie vreemdelinge te vertrou nie. “Daar is baie mense wat goeie mense probeer uitvang. Maak seker dat jy nie ’n slagoffer word nie,” het hy gesê.

CSS, Crime ad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button