Oupa (69) dood tydens aanval ‘n 69 jarige man is Vrydagaand omstreeks 22:00, op ʼn plot in die Vyfhoek omgewing by Potchefstroom, dood tydens ‘n vermeende plaasaanval. Illustration photo Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici op toneel gekom waar hulle die man, Cobus van Wyk, op die grond gevind het. “Ongelukkig was …

Oupa (69) dood tydens aanval
Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici op toneel gekom waar hulle die man, Cobus van Wyk, op die grond gevind het.
“Ongelukkig was daar niks wat vir hom gedoen kon word nie,” het Meiring gesê.
Van Wyk is dood op die toneel verklaar.
Volgens Kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, het Van Wyk en sy seun in een van die drie aanvallers vas geloop, waarna ‘n skoot geskiet is.
Die twee mans het ondersoek gaan instel na ‘n heiningalarm afgegaan het.
“‘n Stoeiery het ontstaan waarna ‘n haelgeweer, mes en selfoon van die verdagte afgeneem is. Die 69 jarige Van Wyk is op die toneel dood,” het Makau gesê.
Nog niemand is in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort



