NewsNews

Seun (10) in fratsongeluk gewurg VANDERBIJLPARK. – ‘n Vanderbijlparkse pa kon Maandagaand wonderbaarlik sy seun se lewe red nadat hy in ‘n fratsongeluk in die kabels van ‘n kinderswaai verstrengel geraak en byna verwurg het. 3 mins ago Die tienjarige Quinton Meyer, wat Maandagaand byna in ‘n fratsongeluk op ‘n kinderswaai verwurg het. Sy pa …

Seun (10) in fratsongeluk gewurg

Die tienjarige Quinton Meyer, wat Maandagaand byna in ‘n fratsongeluk op ‘n kinderswaai verwurg het. Sy pa Nico, kon daarin slaag om noodbehandeling toe te pas en het sodoende gehelp om sy lewe te red.

Quinton Meyer (10) se hart het reeds gaan staan toe sy pa, Nico, op hom afgekom het. Nico het dadelik hartmassering en mond-tot-mond asemhaling toegepas tot Quinton se hart weer begin klop het. Paramedici van ER24 was ook gou op die toneel om die noodbehandeling voort te sit en Quinton hospitaal toe te neem vir verdere gevorderde mediese sorg.

Quinton, ‘n graad 4-leerling aan die Laerskool Totius, en van sy maats het Maandagnamiddag glo op die swaai gespeel toe die fratsongeluk gebeur het.
Hy is na die voorval in ‘n Vanderbijlparkse hospitaal opgeneem en intussen na ‘n Randse hospitaal oorgeplaas, waar ‘n breinskandering reeds gedoen is. Dit blyk dat sy brein erg geswel is, maar dat daar in dié stadium nie opsigtelike permanente breinskade is nie, sê die ma van een van Quinton se skoolmaats.
Hoewel hy nog nie ten volle by sy bewussyn is nie, reageer hy wel op sy ouers, pa Nico en ma Esmeralda, se stemme. Vaalweekblad het gister (Dinsdag) onsuksesvol probeer om sy ouers telefonies te bereik vir meer inligting, maar volgens vriende is hulle die hele tyd in die hospitaal by Quinton. Die ouerpaar het ook gebedsversoeke op sosiale media en WhatsApp laat plaas en ER24, in besonder die paramedici Coenraad en Riaan wat op die toneel behandeling verskaf het, bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button