NewsNews

Gru-ongeluk eis kleuters

Ses mense, waaronder twee kinders van ongeveer drie en vier jaar oud, is gisteraand (10 Januarie) net voor middernag dood nadat die voertuig waarin hulle gery het met ‘n bakkie reg van voor gebots het. Ses mense, waaronder twee kinders van ongeveer drie en vier jaar oud, is gisteraand  (10 Januarie) net voor middernag dood nadat die …

Ses mense, waaronder twee kinders van ongeveer drie en vier jaar oud, is gisteraand  (10 Januarie) net voor middernag dood nadat die voertuig waarin hulle gery het met ‘n bakkie reg van voor gebots het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die ongeluk ongeveer 15km buite Potchefstroom op die N12, in die rigting van Johannesburg plaasgevind. Met paramedici se aankoms het hulle beide voertuie in die middel van die pad aangetref.

Ses mense is in die een voertuig gevind terwyl daar drie mans in die bakkie was. Drie mans, ‘n vrou en twee kinders is dood op die toneel verklaar. Een vrou was in ‘n kritieke toestand per helikopter na ‘n hospitaal in Randfontein geneem vir verdere behandeling.

Die twee ander mans wat in die bakkie gevind is, het matige beserings opgedoen waarna hulle na Potchefstroom hospitaal geneem is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button