NewsNews

Totsiens klein rakkertjie

Parys – Vir pa Nico en ma Ria was hy hul jongste, hul sonskynkind. ’n Blitsige klein rakkertjie wat altyd gelag het, lief was vir die buitelewe en soos ’n  wafferse Speedy Gonzales kon beweeg van die een avontuur na die ander. Ria het Louis Vrydagoggend in die swembad gekry nadat hy dit in ’n  …

Parys – Vir pa Nico en ma Ria was hy hul jongste, hul sonskynkind. ’n Blitsige klein rakkertjie wat altyd gelag het, lief was vir die buitelewe en soos ’n  wafferse Speedy Gonzales kon beweeg van die een avontuur na die ander.
Ria het Louis Vrydagoggend in die swembad gekry nadat hy dit in ’n  oomblik ongesiens reggekry het om die deur oop te kry en na die swembad te gaan. Donderdag 22 Februarie om 11:00 sal klein Louis (6) vanuit die NG gemeente Parys-Suid begrawe word. Sy laggie is stil, maar Louis se plekkie is nie leeg nie. Hy sal onthou word deur sy ouers, boetie Ruan (10), oupa en ouma Louis en Doreen Kleynhans, ouma Trudie Mouton en oupa Nico Aucamp en die familie.
“Dankie vir sovele mense wat Vrydagoggend, maar steeds elke dag na hierdie gesin uitreik met liefde, omgee en ondersteuning op watter manier ookal. In besonder dankie vir die personeel van André Begrafnisdienste, Debbie Bester en haar personeel van Parys Medix, dr. Van Wyk, We Care, Jan du Toit, ds. Francois, almal wat dadelik gehelp en ondersteun het, vriende en familie.
“Julle het die las ligter gemaak om te dra en gee krag om elke dag voort te kan gaan,” sê sy ouers

Related Articles

Back to top button