NewsNews

Só gaan jy jou beursie groter moet oopmaak

Met die begroting wat vanmiddag aan die parlement voorgelê is, is dit duidelik dat die middelinkomste groep die gordel selfs nog stywer sal moet intrek. 1. BTW word van 14% na 15% verhoog (die eerste verhoging sedert 1993). Produkte waarop nie BTW betaal word nie soos bruinbrood, rys en mieliemeel bly onveranderd. 2. Die boonste …

Met die begroting wat vanmiddag aan die parlement voorgelê is, is dit duidelik dat die middelinkomste groep die gordel selfs nog stywer sal moet intrek.

1. BTW word van 14% na 15% verhoog (die eerste verhoging sedert 1993). Produkte waarop nie BTW betaal word nie soos bruinbrood, rys en mieliemeel bly onveranderd.

2. Die boonste vier belastingkerwe is nie aangepas nie, maar die onderste drie belastingkerwe sal met minder as inflasie aangepas word.

3. Petrol styg met 52 sent per liter na R5,34. Dit is 22 sent per liter vir die algemene brandstofheffing en 30 sent per liter vir die padongelukkefonds.

4. Aksynsbelasting op alkohol en tabak verhoog met tussen 6% en 10%. Dit beteken wyn styg met 30 sent per liter, terwyl bier, siders en vrugtedrankies met byna 15 sent per 340ml styg. Spiritualieë styg met R4,90 per 750ml en sigarette met R1,22 per pakkie van 20 na R15,52.

5. Aksyns op luukse produkte styg van 7 na 9% (dit sluit in skoonheidsmiddels en elektroniese produkse. Ad Valorem Aksynsbelasting op motors sal van April van 25% na 30% styg.

6. Boedelbelasting styg tot 25% vir boedels groter as R30 miljoen.

7. Vir plastieksakke sal jy nou tot 50% meer betaal (12 sent per sak).

8. Trek maar jou soettande ter wille van gesondheid met die suikerbelasting wat gesondheidsbevorderingsheffing genoem sal word.

9. Wat mediese belasting krediete betref word dit verhoog van R303 na R310 per maand vir die eerste twee begunstigdes en van R204 tot R209 per maand vir die res van begunstigdes.

10. Vir staatstoelae kom ‘n verhoging bo inflasie met die toelae vir bejaardes, gestremdes en pleegsorg wat verhoog van 1 April met R90 na R1 600. Van Oktober verhoog dit met nog R100 na R1 700 per maand. Kindersorgtoelae verhoog begin April van R380 tot R400 en begin Oktober verhoog dit na R410.

Bron: Nellie Brand-Jonker, Netwerk 24)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button