Rampspoed staar SA in die gesig indien verval van munisipaliteite nie gekeer word nie
“Munisipaliteite in Suid-Afrika kan op die huidige trant ekonomies nie oorleef nie. Munisipale- en provinsiale infrastruktuur is in die algemeen in ʼn staat van verval. Skuld aan Eskom beloop miljarde rande en baie munisipaliteite se kragtoevoer kan om hierdie rede gesny word.” Só het die Vryheidsfront Plus vandeesweek in ‘n verklaring gesê. Die party …

“Munisipaliteite in Suid-Afrika kan op die huidige trant ekonomies nie oorleef nie. Munisipale- en provinsiale infrastruktuur is in die algemeen in ʼn staat van verval. Skuld aan Eskom beloop miljarde rande en baie munisipaliteite se kragtoevoer kan om hierdie rede gesny word.” Só het die Vryheidsfront Plus vandeesweek in ‘n verklaring gesê.
Die party sê dis kommerwekkend dat die regering in sy begroting gaan terugsny aan sy toewysing aan infrastruktuur. “Suid-Afrika sal ekonomies in duie stort indien sy munisipaliteite in duie stort.””
“Talle munisipaliteite en provinsies maak hulle skuldig aan die onderbesteding van voorwaardelike toekennings en dit is verstaanbaar dat dit as motivering gebruik kan word om hul toewysing te verminder.””
“Dit is egter nie die inwoners wat die skuld moet kry vir die swak bestuur en onderbesteding nie. Die ANC-regering moet die skuld hiervoor kry, maar nou gaan die inwoners ly indien munisipaliteite se begrotings verklein gaan word.”
Die instandhouding van munisipaliteite is ʼn groter prioriteit as gratis hoër onderrig sê die party. “”Wat sal dit baat indien daar studente in universiteite is, maar hulle het nie elektrisiteit, water of paaie nie. Ná hul studies sal daar nie werksgeleenthede wees nie, want die ekonomie sal vernietig word indien munisipaliteite in duie stort.”
“Suid-Afrika bestee ʼn groter deel van sy begroting aan basiese onderwys as die meeste Afrika-lande en selfs sommige ontwikkelde lande. Tog is die land se basiese onderwysstelsel so swak dat dit beskou word as 126ste uit 138 lande. ”



