NewsNews

Só sal Johan onthou word

Basaartyd by die NG gemeente Parys-Wes is daar hard gewerk. Jaar na jaar houtwerk gemaak. Sy bydrae vir die basaar. Maar vanjaar sal dit anders wees… Ook by die huis is ’n plek leeg van ’n man wat nie net hardwerkend, vriendelik, saggeaard en behulpsaam was nie, maar iemand wat die geloofspad gestap het in …

Basaartyd by die NG gemeente Parys-Wes is daar hard gewerk. Jaar na jaar houtwerk gemaak. Sy bydrae vir die basaar. Maar vanjaar sal dit anders wees…
Ook by die huis is ’n plek leeg van ’n man wat nie net hardwerkend, vriendelik, saggeaard en behulpsaam was nie, maar iemand wat die geloofspad gestap het in alles wat hy gedoen het.
Johan Rall is Vrydag 16 Maart ná ’n  siekbed van net 7 weke oorlede. Die begrafnisdiens is Saterdag 24 Maart om 11:00 vanuit die NG gemeente Parys-Oos. Johan word oorleef deur sy vrou Dawn, kinders Corrie, Andries en Karin, skoonseun Mike en skoondogter Delene, sy 4 kleinkinders, ’n agterkleinkind, 2 broers en 2 susters.
Johan was 43 jaar lank in Parys gevestig waar hy vir 30 jaar as loodgieter by die munispaliteit gewerk het. Vir 40 jaar het hy ook getrou sy deel gedoen as kerkraadslid by die NG gemeente Parys-Wes.
’n  Diep gelowige mens wat die wedloop voltooi het. Dankie aan elkeen wat op watter wyse ookal uitgereik het na die gesin met ’n gebaar van omgee en meelewing.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button