
Dit is hierdie dankbaarheid wat jy beleef wanneer jy Epilepsie Suid-Afrika se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Boomstraat, Parys besoek. Die toewyding waarmee personeel met die inwoners werk, en die ongelooflike dankbaarheid vir elke uitreik na die sentrum-inwoners, kom sit in jou hart.
Personeel van Parys Gazette het verlede week inkleurboeke en potlode vir die inwoners gevat wat gebruik word vir terapiesessies. Die vreugde om te kan inkleur was op elkeen van hierdie gesigte ’n prentjie om te onthou.
As jy klei, boublokkies, inkleurboeke, potlode of selfs eenvoudige legkaarte met min stukke het wat jy nie meer gebruik nie – onthou dat dit by hierdie sentrum met ope arms verwelkom word. Jy kan dit by die sentrum afgee of skakel by(056) 811 5959.




