
Mense wat nie die afsprake nakom nie, ontneem ander van ‘n geleentheid en behou die DBV die reg voor om die afspraak te kanselleer as daar nie vooraf reëlings getref is vir ‘n alternatiewe afspraak nie.
Daar is in 2017 in Parys begin met die sterilisasies uitreikprogram – die eerste van sy soort in die Vrystaat. Sedert die program by die Parys DBV begin is, is die vraag oorweldigend en het nog ’n veearts, dr. Norman Datnou, intussen ook aan boord gekom.
Die sterilisasie-projek behels dat sterilisasies van honde en katte op die DBV-perseel gedoen word met kostes wat begin vanaf R500. Die rede waarom dit nie gratis gedoen word nie, is juis om seker te maak diere-eienaars neem verantwoordelikheid vir hul diere. Terselfdertyd moet dit bekostigbaar wees vir alle troeteldiereienaars wat R4 500 en minder per maand verdien, en nie gewone veearts-tariewe kan bekostig nie. Mense wat navrae het oor die projek, kan Amelia van Zyl by 073 655 2914, of (056) 811 3671 kontak.



