
Die Ngwathe munisipaliteit het inwoners gevra om asseblief enige waterpyplekke so gou moontlik by die munisipaliteit te rapporteer.
Die dorp het sedert verlede week ‘n groot waterkrisis beleef en sê die munispale woordvoerder, Steve Naale, dat mense, sou hulle van waterpyplekke weet, dit moet kom rapporteer.
Die pyplekke waarvan die munisipaliteit kennis gedra het, is nou herstel.
Mense kan die munisipale noodnommer (056) 811 5834 skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



