NewsNews

Vals verkeersbeamptes kaap man langs N12

Gekaap deur "verkeersbeamptes"

’n Man is deur mans wat hulle as verkeersbeamptes voorgedoen het, gekaap onderweg van Potchefstroom na Stilfontein.

Volgens polisiewoordvoerder, ao. Mpho Manyoba, het die man die Vrydagmiddag omstreeks 12:00 van Potchefstroom na Stilfontein gery. Toe hy by die laaste afdraai na Ikageng kom, het die mans vir hom gewys dat hy van die pad af moet trek.

Die man het aan die polisie gesê dat die mans ’n blou lig op hul voertuig gehad het en dat hulle uniforms soos die wat verkeersbeamptes dra, aangehad het.

Die man het afgetrek en na sy rybewys begin soek. Die motordeur aan die passasierskant was nie gesluit nie. Toe die man opkyk, het een van die ‘verkeersbeamptes’ die deur oopgemaak en ’n vuurwapen op hom gerig.

Van die mans het saam met hom in die motor geklim en met hom na ’n onbekende plek gery, waar hulle hom afgelaai het. Hulle het daarna met sy motor weggery.

Volgens Manyoba is niemand nog in hegtenis geneem nie, maar die polisie ondersoek die voorval.

*Woordvoerder van die JB Marks munisipaliteit, Willie Maphosa, sê dat hulle geen kennis van die voorval dra nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button