NewsNews

Voertuigkaping, en twee voertuie steeds soek

Voertuigkaping, en twee voertuie steeds soek

Twee voertuie is die afgelope naweek in Parys gesteel. ’n Wit Nissan Sentra 200 met registrasienommer CH75VJ GP is tussen die 18de en die 19de by die Sonskyn Aftreeoord in Eerstelaan gesteel.
Sondagoggend is ’n groen Mazda Etude met registrasienommer DGM 419 FS in Van der Hovenstraat naby die Gereformeerde Kerk gesteel. Beide voertuie was teen Gazette se druktyd nog soek.
’n Voorval van voertuigkaping is ook Vrydag 17 Augustus op die N1 tussen die Vaal Plaza tolhek en Kroonvaal Engen One Stop gerapporteer. Die motorbestuurder is van die pad getrek, in ’n ander voertuig geboender en toe langs ’n grondpad naby Koppies afgelaai. Die gekaapte bakkie is nog soek.
Die week se voertuigdiefstalle volg nadat daar ook verlede week ’n Toyota Hilux bakkie in Parys gesteel is. Die bakkie is kort na die diefstal in Soweto teruggevind.
* Die polisie waarsku inwoners opnuut om versigtig te wees by die OTM’s in die dorp. Daar is steeds voorvalle van bankkaarte wat gesteel, of selfs by OTM’s omgeruil word wanneer die kaarteienaar se aandag afgetrek word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button