NewsNews

Die verskil begin by jou

'Kom ons maak Parys skoon.

Soveel mense wat omgee. Mense wat bereid was om op Saterdag 22 September vir minstens ‘n uur rubberhandskoene aan te trek en skoon te maak. Vullis wat deur ander neergegooi is. Vullis wat uiteindelik in die Vaalrivier beland. Die river waaruit Parys sy drinkwater onttrek.

Maar dis gemeenskapsprojekte soos hierdie wat telkens wys waarom Parys ‘n wendorp is. Soveel reaksie na ‘n oproep vandeesweek op sosiale media en in Parys Gazette om skoon te maak by die spruit agter die Sasol-vulstasie in die hoofstraat van Parys.

Selfs nadat personeel van Stonehenge Vrydag 21 September al begin het om hier skoon te maak, was daar vanoggend (Saterdag 22 September) nog ‘n groot taak wat gewag het op die talle vrywilligers wat kom help het. Lede van die Vaal Action Group, Glennifer, Hoërskool Parys se Eko Skole projek, Rus en Vrede Gastehuis en talle vrywilligers.

Niemand het vergoeding ontvang nie. Net die wete dat wat vanoggend gedoen is, werklik ‘n verskil in die gemeenskap gemaak het.

Volgende Saterdag, 29 September, om 08:00 sal hulle weer by die spruit wees agter die Sasol-vulstasie.

Maar dit gaan oor meer as ‘n daadwerklike poging om Parys skoon te maak. Om die rommelprobleem in oop parke en sypaadjies aan te spreek.

Dit gaan oor my en jou verantwoordelikheid. Oor elke besigheid se verantwoordelikheid. Oor die munisipaliteit se verantwoordelikheid. Elkeen wat neergooi wat sal moet leer om op te tel en skoon te hou. Die verskil begin by jou.

‘n Week nadat die parkie in Eerstelaan deur Jan en Ann Bester en vrywilligers skongemaak is, lê vullis weer oral gesaai. Sonder elke inwoner se samewerking kan die dorp nie skoon wees nie.

‘n Skoon dorp dra ‘n beeld van trots uit aan besoekers, maar ook aan elkeen vir wie die dorp ‘n tuiste is.

Vrywilligers het reeds begin om ‘n verskil te maak. Sal jy help om jou deel by te dra vir ‘n skoner Parys?

Dankie aan elke organisasie en individu wat hierdie naweek gehelp het, vullissakke wat deur Hoërskool Parys geskenk is, leë voersakke geskenk deur Biltong Valley, oud-Parysenaar Riaan van Rensburg en JJ van Niekerk van Vaal Digital Graphics vir die borde, mense wat bygedra het vir swartsakke, Sasol wat maskers geskenk het, Stonehenge personeel, mense wat werkers geborg het om te kom help en elke ander persoon wie per abuis nie hier genoem is nie, maar wat bygedra het tot die sukses van die skoonmaakprojek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button