NewsNews

Minister moet sê waarom die groot afname in die aantal polisiereserviste

"Reserviste is vrywilligers wat sonder vergoeding hul tyd opoffer om die polisie by te staan om misdaad in Suid-Afrika te bekamp. Begrotingsredes kan daarom nie as ʼn rede vir die afname aangevoer word nie."

Daar was die afgelope ses jaar ‘n reuse afname in die aantal polisiereserviste.

Die minister van polisie, Bheki Cele, het in antwoord op ʼn parlementêre vraag gesê die aantal kategorie A-reserviste op 31 Mei 2018 was slegs 3 002 teenoor die 17 939 op 31 Mei 2012. Die aantal kategorie D-reserviste was op 31 Mei 2018 slegs 4 087 teenoor die 32 524 op 31 Mei 2012.

In antwoord hierop het die VF Plus gesê die kategorie A en D-reserviste is ʼn foutiewe verwysing aangesien daar sedert 2014 (SAPD Nasionale Instruksie 3 van 2014) slegs kategorie 1- en 2-reserviste is. Volgens hierdie instruksie is kategorie A reserviste, wat operasionele reserviste was, saamgevoeg met die D-kategorie, wat landelike reserviste was, in kategorie 1.

“Die aantal reserviste het in dié tyd dus afgeneem van 50 463 tot slegs 7 089. Dit dien as bewys dat die polisie se beroep op die gemeenskap om betrokke te raak en die polisie by te staan met polisiëring, vals is,” sê die party.

“Indien die minister en die polisie ernstig was om ondersteuning van die gemeenskap te kry, sou hulle nie van reserviste ontslae geraak het nie, maar sou daar tewens baie meer gebruik gemaak word van reserviste wat juis uit die gemeenskap kom en daarom ʼn belangrike bydrae kan lewer om misdaad te bekamp, sê die VF Plus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button