
Die voorval het omstreeks 08:30 gebeur.
Nooddienste is tans nog op die toneel en kon daarin slaag om pasiënte onder die rommel uit te kry.
Ouers met kinders in Hoërskool Driehoek is gevra om nie die skool te skakel nie sodat telefoonlyne oopgehou kan word.
Motoriste word baie dringend gevra om die paaie tussen Medi Clinic en Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark te vermy om nooddienste kans te gee om te kan beweeg. Dit raak veral Ramsbotton Straat, Piet Retief Boulevard en Frikkie Meyer Boulevard vanaf Piet Retief tot by die R42 kruising met Frikkie Meyer Boulevard in Vanderbijlpark.
Meer inligting ook op Parys Gazette se susterskoerant, Vaalweekblad, se webtuiste.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.