NewsNews

Duisende weer by Nampo verwag

Duisende weer by Nampo verwag

Met ‘n rekordbywoning van naby 83 000 besoekers in 2018, word duisende besoekers volgende week weer by die Nampo Oesdag op die Oesdagplaas net buite Bothaville verwag. Vanjaar is dit reeds die 53ste Oesdag wat aangebied word, en vind dit plaas van 14 tot 17 Mei.
Die Oesdag word beskou as die platform van landboutoekoms en word bygewoon nie net deur produsente nie, maar ook die publiek wat ‘n hartsverbintenis met landbou het.
Naas van die nuutste tegnologie wat gesien kan word, is ‘n daar ook heelwat vir die gesin.
Vanjaar is daar 775 uitstallers, waarvan 50 internasionale uitstallers is. Dit sluit in uitstallers uit die VSA, Verenigde Koninkryk, Frankryk, Brasilië, Kanada, Argentinië en Italië asook individuele uitstallers van Denemarke, China en Turkye. Hiervan is 60 nuwe uitstallers.
Om druk op die verkeer en die invloei van voertuie te verlig, is ’n tweede ingang aan die noordekant van die terrein opgerig. Dié nuwe toevoeging, Noordhek (Hek 4), is by die Santam-saal geleë tussen die ledelokaal en die bestaande Noordhek (Hek 3). Die inwaartse vloei van besoekers behoort seepglad te verloop ná draaihekke met vaste skandeerders by alle ingange geïnstalleer is. Dit vervang die vorige handskandeerders, wat toegang vergemaklik en lang rye uitskakel.
Kaartjies kan vooraf gekoop word by www.ticketpros.co.za teen R90 per dag vir Dinsdag en Vrydag en R100 per dag vir Woensdag en Donderdag. Die kaartjies is R20 goedkoper indien dit aanlyn gekoop word. NAMPO-kaartjies is aan ‘n datum gekoppel en is net vir ‘n spesifieke dag geldig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button