NewsNewsSponsored

Ontmoet Juffrou Ezilda Fouche van Hoërskool Parys

Ontmoet Juffrou Ezilda Fouche van Hoërskool Parys

Waar kom jy oorspronkilk vandaan? Ek is in De Aar gebore maar my skoolloopbaan in Parys begin en voltooi

Wat het jy studeer? Ek het ‘n BA-graad voltooi met Afrikaans-Nederlands en Geografie as hoofvakke. Daarna het ek die Hoër Onderwys Diploma voltooi. My liefde vir my moedertaal het my toe genoop om my Honneurs in Afrikaans-Nederlands te doen.

Wanneer het jy begin by Hoërskool Parys? Ek het in 1987 begin by Hoërskool Parys

Watse vak bied jy aan? Ek gee sedert 1991 vir graad 11 en 12’s Afrikaans

Hoekom het jy besluit om onderwyser te word? Onderwys was altyd in my bloed aangesien my Pa ook groot onderwysvoetspore gelaat het.

Hoekom Afrikaans? Ek het ‘n passie vir my moedertaal en saam met die liefde vir kinders, is die onderwys ‘n ideale beroep

Wat geniet jy die meeste van onderwyser wees? Ek geniet die klassituasie die meeste alhoewel die bande wat ‘n mens met die kinders op die buitemuurse vlak bou van onskatbare waarde is.

Hoe sal jy jou onderrigstyl beskryf in drie woorde? In my klas is ek as Christen taakgeöriënteerd, vakkundig en konsekwent

Wat maak Hoërskool Parys anders? Hoërskool Parys se plattelandse hart en omgee bring mee dat elke kind vir ons uniek en spesiaal is.

Wat wil jy hê leerlinge moet wegvat nadat hulle ‘n jaar by jou in die klas spandeer het? Ek wil hê kinders moet weet Afrikaans is een van die mooiste tale en staan vir geen ander taal terug nie – dis deel van ons menswees.

 

Juffrou Ezilda, baie dankie vir u liefde vir ons taal Afrikaans. Dit is wonderlik om te weet ons kinders word nie net onderrig om hulle taal te ken nie maar ook daarvoor lief te wees. Ons waardeer dit!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button