NewsNews
Betogers versper weer N12 tussen Klerksdorp en Potchefstroom
Betogers het vanoggend (26 Junie) vir die derde agtereenvolgende dag die N12 tussen Klerksdorp en Potchefstroom met brandende bande en klippe versper. Vroeg vanoggend het betogers glo ‘n trok gekaap wat hulle gebruik het om dwars oor die pad te trek. Plaaslike verkeer kon daarin slaag om die trok te skuif maar betogers het voorts …

Betogers het vanoggend (26 Junie) vir die derde agtereenvolgende dag die N12 tussen Klerksdorp en Potchefstroom met brandende bande en klippe versper.
Vroeg vanoggend het betogers glo ‘n trok gekaap wat hulle gebruik het om dwars oor die pad te trek. Plaaslike verkeer kon daarin slaag om die trok te skuif maar betogers het voorts klippe en brandende bande in die pad gepak.
Motoriste word gewaarsku om alternatiewe roetes te ry. Die betogers is glo aggressief teenoor motoriste, verskeie voertuie is vanoggend al met klippe bestook.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



