NewsNews

Hangbrug vir eers gesluit

Hangbrug vir eers gesluit.

Sigbare skade aan die hangbrug in Boomstraat, is al vir ‘n geruime tyd vir inwoners van Parys ‘n bekommernis. Johann Bosman wat naby hierdie bruggie woon, het opgemerk dat die ysterpale waaraan die kabels vas is, stuk-stuk minder word. Hy het die gevaar daarvan besef en die brug persoonlik gesluit.
Johann het ondersoek ingestel en ‘n groepie jongmanne het gehelp. Hulle het vertel dat hulle gereeld ‘n man sien wat pale uithaal en wegry. Hulle het die man as ‘n boemelaar beskryf. Johann het besluit om na die pale te gaan soek en van skrootwerf tot skrootwerf gery. Die pale is opgespoor en die personeel van die skrootwerf was baie gewillig om Johann by te staan.
Volgens werknemers van die skrootwerf is dit nie altyd moontlik om die materiale te sien vanaf die kantoor nie. Boonop was die persoon wat die metaal weeg, nuut in Parys en onbekend met die ooglopende kenmerke van hierdie hangbrug-pale. Hy het dit bloot geweeg, die gewig uitgeroep en die persoon het sy betaling by die kantoor ontvang. Saal de Jager en Johann Bosman is na die polisie vir hulp. Die polisie is gretig om bystand te verleen in die ondersoek na die diefstal en volgens sommige bronne is die identiteit van die man wel reeds aan hulle bekend. Sodra die munisipaliteit ‘n klag oor die diefstal lê,, sal verdere ondersoek volg. Intussen sal die hangbrug tot verdere kennisgewing gesluit bly.
Die publiek word gevra om enige inligting wat hulle mag hê oor hierdie diefstal, by Saal de Jager by 082 321 0091 aan te meld.
Indien daar enige weldoeners uit die publiek is wat kan help met die herstel van die hangbrug, kontak asseblief vir Johann Bosman by 082 923 5111.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button