News

Polisieman sterk aan na mesaanval

Polisieman sterk aan na mesaanval

‘n Polisieman verbonde aan die Ikageng speurtak sterk tans by die huis aan nadat hy deur ‘n verdagte met ‘n mes aangeval is.

Volgens Lt. Kol. Amanda Funani, provinsiale polisiewoordvoerder, is die 33 jarige sersant Vrydag (28 Junie) buite ‘n huis in uitbreiding 11 van Ikageng aangeval.

“Die beampte wou die verdagte in hegtenis neem op ‘n aanklag van diefstal wat glo aan die begin van Junie gebeur het. Volgens die inligting tot ons beskikking het die verdagte homself teëgesit waarna hy die beampte met die mes gesteek het,” het Funani gesê.

Die polisieman is hospitaal toe gejaag waar hy behandeling ontvang het. Die verdagte is Dinsdag in Ikageng in hegtenis geneem.

Volgens Funani het die 37-jarige verdagte op 4 Julie in die hof op aanklag van poging tot moord verskyn. Dumisani Nene se saak is tot 8 Julie vir amptelike borgaansoek uitgestel. Nene sal in aanhouding bly.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button