NewsNews

Potch gyselaar se gesin kan huis verloor

Die gesin van ‘n Potchefstroomse man wat op 23 September verlede jaar ontvoer is, kan hul huis verloor indien hulle nie dringend hulp kry nie.

Die gesin van ‘n Potchefstroomse man wat op 23 September verlede jaar ontvoer is, kan hul huis verloor indien hulle nie dringend hulp kry nie.

Christo Bothma is op 23 September in Burkina Faso in Inata, waar hy as passer en draaier by die Inata-myn gewerk het, ontvoer.

Christo was aan die einde van sy vier-maande skof en sou op 10 Oktober na Potchefstroom terugkeer om vir twee weke vir sy familie te kom kuier. Christo is een van twee Suid-Afrikaners wat tans in die Sahel-gebied gyselaar gehou word.

Na maandelange onderhandelings is Christo steeds nie vrygelaat nie. Sy gesin kry intussen swaar aangesien hy die hoof-broodwinner in die huishouding was.

Amanda Bothma, Christo se vrou, sê sy en hul drie kinders kry geen finansiële ondersteuning van Christo se werkgewers nie en kan binnekort hul huis in Potchefstroom verloor.

Hoewel Amanda onlangs begin werk het, verdien sy nie genoeg om die maandelikse paaiement op die huis te betaal nie.

“Ek kort hulp om ons huis te red sodat wanneer Christo vrygelaat word, hy steeds ‘n huis het om na terug te kom en hy nie saam met ons op straat sal sit nie,” soebat Amanda.

Om die gesin by te staan, klik hier en maak ‘n skenking tot hul fonds.

Skenkings op die webtuiste word in dollars gemaak, so skenkers moet net seker maak van die rand-waarde voor hulle ‘n skenking maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button