Die dorp is verteenwoordig deur vier top-atlete by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe van die gewilde Warrior Race.
Spanleier Willem Janse van Vuuren en sy spanmaats, Linda Pieterse, Tikara DaSilva en Alida van Dyk het behoorlik geskitter.
Ten spyte van die ysige wind en gure weer tydens Saterdag se byeenkoms, het Parys se atlete hulle alles gegee en skitterend gevaar. Die feesvieringe het behoorlik begin toe twee van die Parysenaars ‘n podium- plek verower het.

Die 37-jarige Willem wat ook die spanafrigter is, en sy jongste atleet, Alida van Dyk (18), het elkeen ’n bronsmedalje losgeslaan en boonop vir die Wêreldspele in Londen gekwalifiseer.
Dié is oor nét ses weke en die druk is nou meer as ooit. “Ons wil Parys se naam ook daar hoog hou” sê Willem trots.
“Ons oefenprogram is strategies uitgewerk vir die beste resultate en genoeg rus.” vertel hy. “Intussen moet ons geld bymekaar maak vir vlugte en verblyf in Londen,” .





