
Die polisie het ‘n grootskaalse soektog begin nadat daar by die munisipale kantore in Bothaville ingebreek is.
Die voorval het vandag, Maandag 5 Augustus om 00:05 gebeur. Die sekuriteitswat wat aan diens was het ‘n geraas gehoor en gaan ondersoek instel. Hy kry toe drie onbekende mans wat sy selfoon afgevat en sy hande vasgebind het. Die mans het die kluis oopgebreek en ‘n onbekende bedrag kontant gevat en gevlug.
‘n Klag van besigheidsroof word ondersoek.
Enigeen met inligting oor die voorval kan kapt Tshepo Maleme skakel by (056) 514 9401 gedurende kantoorure skakel of by 082 446 7923.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



