
Of dit ou goeters, huisgoeters, speelgoeters, kombuisgoeters, sitgoeters, lêgoeters of enige ander goeters is wat soos wit olifante in jou huis rondstaan.
Bring dit op 31 Augustus na die Hoopfees wat op die Parys Primêre skool se sportgronde gehou word, want vanjaar wil die feesorganiseerders die platform bied sodat hulle wat minder het, die geleentheid sal hê om dié items te kom haal wat hulle nodig het.
Komaan – jy kan help en terselfdertyd sommer ontslae raak van al jou rondstaan goed. Boonop is dit ’n dag waar jy weer kan kom asem skep en hoop kry in ’n wêreld waar daar vandag maklik moed en perspektief verloor word.
Kom luister na Clarice & die Reënboogkidz, Danie Botha, Ernie Amos, Maryna Holtzhausen, Eric Posthumus en Dewald Gouws.
Hekke open om 10:00 en toegang is gratis.
Daar sal ook verskeie uitstallers en vermaak vir die kinders wees.





