NewsNews
Twee polisiebeamptes in hospitaal na klopjag
Dit was chaos in Abrahamstraat, Promosa vandag (29 Augustus) omstreeks 12:00 nadat die polisie ‘n dwelmklopjag uitgevoer het. Tydens die klopjag is twee polisiebeamptes beseer, polisievoertuie is beskadig en die onluste eenheid is ontbied. Volgens Kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het een beampte ‘n besering op die kop en ‘n ander beampte is met ‘n baksteen in …

Dit was chaos in Abrahamstraat, Promosa vandag (29 Augustus) omstreeks 12:00 nadat die polisie ‘n dwelmklopjag uitgevoer het.
Tydens die klopjag is twee polisiebeamptes beseer, polisievoertuie is beskadig en die onluste eenheid is ontbied.
Volgens Kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het een beampte ‘n besering op die kop en ‘n ander beampte is met ‘n baksteen in die nek geslaan.
Volgens Myburgh sal ‘n meer volledige verklaring oor die voorval uitgereik word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


