NewsNews

Waterlekke in Vaaldam – voorsieningsarea stuur op ramp af

Waterlekke in Vaaldam – voorsieningsarea stuur op ramp af

DENEYSVILLE. – Waterlekke en gebarste pype wat water vanuit die Vaaldam na die grootste gedeelte van Gauteng voorsien, sal vinniger herstel moet word om te verhinder dat die dam leegloop.

 Die huidige watervlak van die Vaaldam is 62% wat 0,8% laer is as verlede week. Die watervlakke was verlede jaar dieselfde tyd 95,1%. Indien die huidige tendens voortduur, is Gauteng net vir die volgende drie jaar van water gewaarborg.

 Lekkende pype word gereeld aangemeld en is ook al onder die aandag gebring van die voormalige burgemeester van Emfuleni, Jacob Khawe, en die huidige burgemeester, Gift Morena.  Die VF Plus is bekommerd daaroor dat herstelwerk nie vinnig genoeg gedoen word nie en die dam se watervlak aansienlik kan daal.  Verbruikers sal water ook meer spaarsamig moet gebruik om toekomstige watertekorte te vermy.

 Die VF Plus gaan aanhou druk plaas op die Emfuleni-munisipaliteit om die water-infrastruktuur vinnig te herstel en in stand te hou. 

 Kontaknommer: 082 565 2336

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button