
`n Opwindede ontmoeting van sangers en musici vind sedert verlede Vrydag by die Koepel Kunstesentrum op Deelfontein in die Vredefort Koepel plaas. Die musiekseminaar wat op barokmusiek uit Sentraal- en Suid-Amerika fokus, word gelei deur die Oostenrykse dirigent, Michael Anderl.
Die klein besetting van ongeveer twintig sangers en instrumentaliste studeer onder sy leiding `n program van gewyde musiek in. Die program word hierdie Saterdag 31 Augustus om 18:00 in `n afsluitingskonsert in die NG Kerk Vredefort aangebied.
Kaartjies is by die deur beskikbaar. Meer inligting is op www.deelfontein.co.za en by Gerhard Benade by 083 280 9784 of gerhard@deelfontein.co.za beskikbaar.





