Die brand wat Maandag, 2 September omstreeks 11:15 op Dick Daly se plaas uitgebreek het. Foto: Kobus Roux
Die grootste brand nog die seisoen het die afgelope twee dae noord van Potchefstroom gewoed en die dorp in ‘n digte rooklaag omvou.
Ongeveer 600 ha het afgebrand waarvan die grootste gedeelte weiding is. Die oorsaak van die brand kan nog nie vasgestel word nie.
Dr. Kobus Roux van die Potchefstroom Brandbeskermingsvereniging sê brande het hierdie jaar met ongeveer 80% afgeneem onder meer weens nuwe regulasies dat boere moet aansoek doen om voorbrande op hul plase te doen. Daar is ook groter bewusmaking onder mense gedoen om brande te verhoed.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.