NewsNews
Saldanha Staal sluit – 900 sal hul werk verloor
Arcellor Mittal Suid-Afrika (Amsa) gaan sy staalaanleg in Saldanha sluit. Die proses behoort teen die eerste kwartaal van 2020 afgehandel te wees en raak 900 werknemers en kontrakteurs. Volgns Kobus Verster, uitvoerende hoof van Amsa, het Saldanha in die verlede aansienlike verliese gely en is vooruitsigte op die kort en medium termyn swak. Die aanleg …

Arcellor Mittal Suid-Afrika (Amsa) gaan sy staalaanleg in Saldanha sluit.
Die proses behoort teen die eerste kwartaal van 2020 afgehandel te wees en raak 900 werknemers en kontrakteurs.
Volgns Kobus Verster, uitvoerende hoof van Amsa, het Saldanha in die verlede aansienlike verliese gely en is vooruitsigte op die kort en medium termyn swak.
Die aanleg se strukturele kostevoordeel is oor die jare uitgewis en kan Saldanha nie meer effektief in hierdie markte meeding nie. Kragtariewe en duurder grondstowwe het onder meer ook ‘n rol hierin gespeel.
Die Vanderbijlpark-aanleg sal nou plaaslike staalbestellings by Saldanha oorneem.
(Bron: Netwerk 24)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



