Hester en Gerhard Vermaak wat namens die organiseerders van die Parys Blikkiesfees, die kospakkies Vrydag oorhandig het om te versprei na waar nood is. Saam met hulle is Pieter Sadie (vaktotum van Hoërskool Parys), wat die pakkies opgelaai het wat na behoeftige gesinne van leerders van Hoërskool Parys versprei sou word.
Organiseerders van Parys se Blikkiesfees wat in September vanjaar vir die eerste keer in die dorp gehou is, het Vrydag 40 kospakkies vir behoeftige gesinne van leerlinge in Hoërskool Parys oorhandig.
Hierbenewens is 33 van die pakkies ook aan Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) oorhandig, asook 80 pakkies vir gesinne van leerlinge van Parys Primêre skool. Die oorblywende pakkies sou aan behoeftige bejaardes in Parys versprei word, sê Gerhard en Hester Vermaak wat die pakkies oorhandig het.
Elkeen van die pakkies bevat tien blikkies nie-bederfbare kos.
Hester en Gerhard Vermaak wat namens die organiseerders van die Parys Blikkiesfees, die kospakkies Vrydag oorhandig het om te versprei na waar nood is. Saam met hulle is Pieter Sadie (vaktotum van Hoërskool Parys), wat die pakkies opgelaai het wat na behoeftige gesinne van leerders van Hoërskool Parys versprei sou word.
‘n Totaal van 2 000 blikkies is met die fees ingesamel en volgende jaar gaan ons groot, beloof die organiseerders!
Vanjaar se Blikkiesfees het geen winsoogmerk gehad nie en was ‘n poging oor kerkgrense heen om as gemeenskap ‘n verskil te maak vir soveel mense wat finansiële nood ervaar. Met ‘n blikkie nie-bederfbare kos wat jy moes saambring vir jou toegang vir die dag, is feesgangers die optrede van 13 kunstenaars, ‘n potjiekos-kompetisie en saamkuier-geleentheid vir die hele gesin gebied.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.