NewsNews

Kommer oor ondergrondse waterbronne

Kommer oor ondergrondse waterbronne

Vaalweekblad het vroeër vanjaar berig dat die maatskappy, Glubay Coal, aansoek gedoen het vir die oprigting van ’n reuse steenkoolmyn wat ’n oppervlak van 2 547 ha sal beslaan.
Inwoners is bekommerd oor die impak wat die mynboubedrywighede op die omliggende gemeenskappe gaan hê.
Pieter Hamman, eienaar van Hamman Boerdery, sê mynboubedrywighede gaan sy boerdery beïnvloed aangesien 600 ha van sy plaas in die gebied val wat vir mynboubedrywighede geoormerk is.
Die boerdery neem sowat 200 seisoenale werkers en 50 permanente werkers in diens en vervaardig bevrore groenteprodukte.
Volgens Pieter is daar nog geen aanbod ter tafel gelê of met hom gepraat oor hoe die grond deur die myn bekom sal word nie. Hy wil weet hoe die beoogde mynboubedrywighede boerdery op sy plaas gaan beïnvloed.
“Ons as grondeienaars is vreeslik bekommerd oor die impak wat die myn op ons waterbronne in die omgewing gaan hê. In hierdie stadium is dit eintlik ons grootste kopseer,” verduidelik hy. Volgens Pieter is hulle van ’n ondergrondse meer vir besproeing afhanklik. “Ons gebruik boorgate om mee te besproei. Die steenkool lê in die watersone. As hulle daardie steenkool wil ontgin, gaan hulle iets aan die water moet doen.
Ons weet in hierdie stadium nie wat hulle beoog of hoe dit ons gaan raak nie,” verduidelik Pieter. Volgens Pieter is daar ook talle kleinhoewes in die omgewing wat van die ondergrondse waterbron afhanklik is. ’n Ander aspek wat volgens Pierre in ag geneem moet word is dat ’n gedeelte van die omgewing waar Glubay Coal wil myn, dolomitiese grond is.
“Hierdie is ’n dolomiet-area. Ons het ook ongelooflik baie singate in die gebied. Daar is klaar ontwikkelings in Arcon Park wat stilstaan as gevolg van holtes wat onder daardie ontwikkelings geleë is. Volgens Pierre is daar ook ’n verbod op boorgate in hierdie omgewing geplaas, juis as gevolg hiervan.
“Jy kan nie water uit ondergrondse holtes onttrek en dan plofstofskietery hier doen nie. Daar gaan gate inval,” meen hy. “Huise gaan uitmekaar uit val. Goed gaan begin kraak. Jy sal nie die krake in jou huis van die versekering kan eis nie.
Jy sal dit teen die myn moet eis, want die versekering dek dit nie. “Kom ons sê 300 werksgeleenthede word deur die myn geskep, maar duisende
mense word hierdeur geraak,” meen Pierre. Inwoners wat op hoogte wil bly met inligting oor die beoogde myn, kan by Ronquest se WhatsApp-uitsendingsgroep aansluit om so op hoogte te bly. Om aan te sluit, stuur jou naam en van na 063 385 0198.

Pierre Ronquest, ’n
uitgesproke teenstander
van die beplande
steenkoolmyn praat oor
talle wyses waarop die
mynboubedrywigheide
tussen Vereeniging en
Meyerton inwoners van
omliggende gebiede
nadelig sal raak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button