NewsNews

Moeg vir die soektog na Kerspresente – hier’s die antwoord

Moeg vir die soektog na Kerspresente - hier’s die antwoord

As jy voetseer, uitasem en glad nie lus is vir die winkelsentrum-marteltog op soek na daardie iets anders vir iemand spesiaal nie, dan is hierdie mark jou antwoord vir pure Kersinkopie-plesier.
Geen vertrapping, unieke Kersgeskenke, ‘n rustige atmosfeer en boonop ‘n koffietuin waar jy agteroor kan sit en jou voete ‘n blaaskans kan gee.
Die Parys Kersmark begin hierdie week, Saterdag 14 Desember, en duur tot 23 Desember. Hier kan jy daagliks van 09:00 tot 18:00 tussen oulike en unieke produkte van verskeie uitstallers rondsnuffel, insluitend op 16 Desember.
Die mark word vanjaar vir die twintigste jaar aangbied. Dit het oor die jare bekendheid verwerf vir die pragtige handwerkprodukte. Kom snuffel vir bekostigbare en oorspronklike, bruikbare Kersgeskenke met heelwat nuwe uitstallers, waaronder Jello sandale, unieke leer artikels, heerlike deli-produkte, unieke huisdekor en ook klere vir die voller figuur.
‎Toegang is gratis. Die mark is in Schilbachstraat 18 (Blikoortjies-kleuterskool se perseel) in Parys.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button