NewsNews

“Dit gaan goed met die Voortrekkers”

Dit was ook die naweek die eerste keer dat die kultuursentrum op Udolpho gebruik is.

Dit gaan baie goed met die Voortrekkerbeweging.
Daarvan het die see van tente, karavane en boswaens wat die afgelope naweek op die FAK Udolpho-Rivierplaas net buite Parys saamgetrek het, getuig. Vyfhonderd en vyftig volwasse Voortrekker-lede waarvan die meeste offisiere is. Almal gedryf deur die passie om met kinders te werk en die waardes van Voortrekker-wees na te streef.
Daar is van wyd en syd gekom, uit nege provinsies, en selfs duisende kilometers ver van Namibië om die toerustingsnaweek by te woon op eie koste.
So vertel Danie Langner, hoofleier van die Voortrekkers, trots oor dié eerste nasionale saamtrek in die Voortrekkerbeweging se geskiedenis sedert 1931.
Vir Voortrekker-offisiere is dit belangrik om goed met kinders te kan werk, en met dié toerustingsnaweek is gekyk hoe volwasse lede bemagtig kan word om spesifiek met kinders te werk, en taal en kultuurwaardes te slyp wat die hartklop van die organisasie is.
“Om dit wat vir ons kosbaar is te bewaar en te behou,” sê Langner wanneer hy sê dat dit goed gaan met die Voortrekkers. In 2019 kon vyf nuwe kommando’s gestig word. “Ons groei dinamies. Die Voortrekkers is ‘n geweldig omgee-gemeenskap. Jy word vriende, familie. Voortrekkers is lief vir kinders, familie, hul land, kultuur en tradisie,” sê Langner.
Tydens die drie dae toerustingsnaweek is 12 kursusse aangebied en 9 verrykingskursusse deur 53 aanbieders. Daar is gepraat oor onder meer kulturele leierskap, entrepreneurskap, digitale burgerskap, generasie modelle en spanhantering. Daar was ook praktiese kursusse waar fiets gery en gestap is.
Vrydagaand het Pieter Smit die kampvuurkonsert gelei, met Sonja Herholdt en Anton Goosen, twee legendes in Afrikaanse musiek, wat Saterdagaand gehoor is.
Dit was ook die naweek die eerste keer dat die kultuursentrum op Udolpho gebruik is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button