NewsNews
Gidshonde so geleer om blindes by kitsbank te help
Absa het ‘n ooreenkoms met die Gidshondvereniging van Suid-Afrika gesluit om nou ook gidshonde op te lei om hul gesiggestremde eienaars te help om kitsbanke te kan gebruik. Daar is tans meer as 8 000 Absa kitsbanke wat reeds gesiggestremde kliënte met klankaanwysings en braille kan bedien. Daar is reeds ‘n Absa kitsbank by die …
Absa het ‘n ooreenkoms met die Gidshondvereniging van Suid-Afrika gesluit om nou ook gidshonde op te lei om hul gesiggestremde eienaars te help om kitsbanke te kan gebruik.
Daar is tans meer as 8 000 Absa kitsbanke wat reeds gesiggestremde kliënte met klankaanwysings en braille kan bedien.
Daar is reeds ‘n Absa kitsbank by die gidshondvereniging se hoofkantoor in Johannesburg geïnstalleer waar die honde opgelei sal word.
Die honde sal onder andere geleer word om die kliënt se kaart te neem en dit in die kitsbank te sit. Sodra die transaksie voltooi is, sal die hond weer die kaart neem en vir die eienaar teruggee.
Nege studente van die Gidshondvereniging het die taak om gesiggestremdes te leer om kitsbanke te gebruik.
- Lees ook in hierdie week se Gazette die merkwaardige verhaal van Genevieve Croeser, ‘n graad 11 leerder van Hoërskool Parys wat as blinde die afgelope naweek saam met nie-gestremde ruiters aan die eerste Sanesa Western Riding kwalifiserende uitdun vir die Vrystaat deelgeneem het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.